Skryf ‘n mediaverklaring

Ontwikkel en aangebied deur dr. Thalyta Swanepoel

Die kursus is reeds volbespreek, maar word binnekort weer aangebied.
Baie dankie vir jou belangstelling in die kursus Skryf ‘n mediaverklaring.
Laat gerus jou naam en kontakbesonderhede en ons sal jou in kennis stel wanneer registrasies vir die volgende geleentheid open.

Oorsig

Skryf ‘n mediaverklaring, Skryfnet se eerste kursus wat op die professionele mark gerig is, is ‘n regstreekse aanlyn werkswinkel wat op 13 Mei van 09:00 tot 13:00 aangebied word. Hierdie oggendwerkswinkel is ontwikkel en word ook aangebied deur dr. Thalyta Swanepoel, ‘n dosent in joernalistiek en mediaskakeling aan die Noordwes-Universiteit en ‘n voormalige joernalis en kommunikasiepraktisyn. Sodra deelnemers se registrasie gefinaliseer is, sal hulle per e-pos verdere instruksies ontvang om by die aanlynsessie in te skakel en ‘n mediaverklarings as voorbeeld in te dien. Deelnemers wat hierdie werkswinkel voltooi, ontvang ‘n sertifikaat van Akademia. Inskrywings vir hierdie werkswinkel sluit op 7 Mei 2021 en dit word aangebied op 13 Mei 2021.

Beskrywing

Skryf ‘n mediaverklaring is ‘n praktiese werkswinkel wat ontwikkel is en aangebied word deur dr. Thalyta Swanepoel, ‘n dosent in joernalistiek en mediaskakeling aan die Noordwes-Universiteit en ‘n voormalige joernalis en kommunikasiepraktisyn. Die werkswinkel word regstreeks en aanlyn op ‘n weeksoggend aangebied en sal deelnemers toerus met die nodige kennis en praktiese vaardighede om in-die-kol mediaverklarings te skryf wat nuusredakteurs se aandag trek en nié in hul snippermandjie beland nie. Skryf ‘n mediaverklaring is nie bloot ‘n teoretiese kursus nie; dr. Swanepoel sal deelnemers aan die hand van hul eie mediaverklarings lei om meer treffende kopie te skryf. Maroela Media se redakteur, Nico Strydom, sal ook kortliks sy ervaringe deel en verduidelik hoe nuusredakteurs besluite maak oor mediaverklarings. As jy ‘n kommunikasiepraktisyn of entrepreneur is wat jou organisasie of besigheid meer blootstelling in die media wil gee, is hierdie werkswinkel onontbeerlik.

Gereelde vrae en antwoorde

Jy gaan stabiele internettoegang benodig asook toegang tot die Teams-aanlyn platform om in te skakel by die regstreekse aanlyn kursus
Tydens die kursus gaan die aanbieder jou uitnooi om ‘n prakiese oefening deur middel van Teams se ‘chat’-funksie te doen.  Jy kan jouself vooraf vergewis van die werking van hierdie funksionaliteit
Indien jy wil vrae stel aan die aanbieder gaan jou rekanaar ‘n ingeboude mikrofoon benodig of jy kan ‘n eksterne mikrofoon insleutel by jou rekenaar
‘n Drukker word nie benodig nie 

Nee.  Jy moet bloot ‘n belangstelling in die skryf van mediaverklarings of die behoefte om jou mediaverklarings te verbeter. 

Hierdie kursus is saamgestel met ʼn volwasse  en professionele mark in gedagte. ʼn Hoërskoolkind sou die materiaal kon bemeester, maar ons vrywaar ons van verantwoordelikheid, aangesien die kursus nie met ʼn hoërskoolmark in gedagte ontwikkel is nie. Indien ʼn hoërskoolkind dus nie die materiaal kan baasraak nie, kan ons nie verantwoordelikheid daarvoor neem of ʼn terugbetaling gee nie. 

Ja, die kursus is saamgestel om jou instaat te  stel om die vaardighede om mediaverklarings te skryf, te slyp wat jou loopbaan ‘n stewige hupstoot kan gee. 

Die kursus word aanlyn op ‘n Donderdagoggend aangebied.  Jy kan van enige plek af inskakel by die regsteekse sessie. Weens die waarde van interaksie tydens die sessie  sal ‘n opname nie dienend wees nie, daarom beveel ons aan om ten tyde van die sessie in te skakel.   

Skryfnet stel rentevrye-lenings beskikbaar vir duurder kursusse.  Daar is nie ʼn rentevrye-lening beskikbaar vir die ‘Skryf ʼn mediaverklaring’-kursus nie.  

Jy moet gemaklik wees om deur die Teams-platform interaktief te wees asook weet hoe werk Teams se ‘chat’-funksie. Dit is aan te bevole dat jy vaardig is met jou rekenaar se mikrofoon en kamera sodat jy vrae kan stel aan die aanbieder indien nodig

Indien jy bestaande mediaverklarings het wat jy self opgestel het kan jy dit voor 7 Mei stuur aan [email protected]. Die aanbieder van die kursus gaan verskeie mediaverklarings as voorbeeld gebruik om aan deelnemers te verduidelik watter tegnieke doeltreffend is en waar aanpassings aanbeveel word. Dit is nie verpligtend om ‘n mediaverklaring voor te berei vir die kursus nie en daar is geen ander voorbereiding wat jy vir die kursus moet doen nie 

Skryfnet kan vir jou ‘n faktuur opstel waarna jy ‘n oorbetaling deur jou bank kan doen.  Jy kan ‘n faktuur aanvra by [email protected] 

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]