Skryfnet het iets vir elkeen wat in Afrikaans met woorde wil woeker.

Skryfnet is ’n gesamentlike projek van Maroela Media en Akademia wat die
geleentheid bied vir skrywers, professionele persone of skoolleerders
om hul skryftalent te ontwikkel.

Die wye verskeidenheid opwindende kort- en langer kursusse wat op Skryfnet se aanlyn platform of by kontakwerkswinkels
oor die land heen aangebied word, rus kursusgangers toe met vaardighede wat hul skryfwerk tot nuwe hoogtes neem.

Kursusse

Loer gerus na die kursusse wat tans aangebied word en gee jou woorde vlerke.

Gemik op Enige een wat graag wil skryf
Inskrywings het reeds gesluit
Formaat Aanlyn
Moeite Omtrent vyf ure per week
Prys R2800

Gemik op Kommunikasiepraktisyns en entrepreneurs
Inskrywings het reeds gesluit
Formaat Aanlyn
Prys R450

Gemik op leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18
Inskrywings het reeds gesluit
Formaat Eendagwerkswinkel op Akademia se Centurion-kampus
Prys R650 per persoon (10%-afslag vir groepe van 5 of meer) 

Skryfnet werk saam met van die land se talentvolstes om pasmaakkursusse te ontwikkel wat in jou behoeftes voorsien-
of jy nou ‘n voornemende skrywer is wat ‘n onvoltooide roman in jou laai wegsteek,
‘n digter wat van ‘n bundel droom, ‘n liedjieskrywer wat trefferlirieke vir ‘n bekende sanger wil skryf,
‘n besigheidseienaar wat in-die-kol-kopie vir jou bemarkingsveldtog wil aanmekaar slaan,
of ‘n kranige redenaar wat wenke wil hê vir wentoesprake.

Medewerkers

Skryfnet span saam met van die mees talentvolle en suksesvolle mense in die bedryf om opwindende
kursusse van die hoogste gehalte te ontwikkel en aan te bied. Ons medewerkers help met die ontwikkeling en
aanbieding van aan lyn kursusse en kontakwerkswinkels.

prof. Hans du Plessis

Die geliefde en bekroonde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis het in 1978 gedebuteer met sy digbundel Kleinwild. Sedertdien het hy meer as 160 publikasies – waaronder akademiese artikels en boeke, ses digbundels, drie jeugroman en vier romans – die lig laat sien. Sy jongste roman, Die opstand van Poppie Nel, het in 2020 by Lapa-uitgewery verskyn. Du Plessis het al verskeie pryse en toekennings vir sy werk ontvang, onder meer die ATKV-kinderboekprys en ’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns…

Elzebet Stubbe

Elzebet Stubbe is ʼn senior redakteur by Penguin Random House en is spesifiek verantwoordelik vir die Afrikaanse titels wat by Penguin en Umuzi verskyn. Sy het voorheen in die bemarking- en publisiteitsafdelings van LAPA en NB-Uitgewers gewerk. Elzebet het ’n honneursgraad in Kreatiewe Skryfkuns en ’n meestersgraad in Afrikaanse prosa by die Noordwes-Universiteit behaal. Sy het al met onder andere Marita van der Vyfer, Karin Brynard, Bettina Wyngaard en Leon van Nierop gewerk. Sy en haar gesin woon in Kaapstad…

Christien Neser

Christien Neser is ’n spraakterapeut van Sandton wat eers laat in haar lewe begin skryf het. Sedert sy ’n skryfkursus van die ATKV in 2007 bygewoon het, het tientalle jeugboeke, ’n niefiksie boek en etlike kortverhale in Huisgenoot en Rapport reeds uit haar pen verskyn, onder meer HELP! My kind is anders, Pienk is nie vir sissies nie en Absoluut Einstein. Haar boeke word deur LAPA, Tafelberg en Best Books uitgegee. Christien is ook ’n ywerige leser, leer steeds Duits, Frans en Portugees…

Wil jy graag inskryf vir ʼn Skryfnet-kursus?
Jy kan aansoek doen vir ‘n rentevrye studielening.

Nuus

Laat weet my van nuwe kursusse

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]

Go to Top