Kreatiewe skryfkuns vir skoliere

Ontwikkel en aangebied deur Christien Neser

Die kursus is reeds volbespreek, maar word binnekort weer aangebied.
Baie dankie vir jou belangstelling in die kursus Skryf ‘n mediaverklaring.
Laat gerus jou naam en kontakbesonderhede en ons sal jou in kennis stel wanneer registrasies vir die volgende geleentheid open.

Oorsig

Kreatiewe skryfkuns vir skoliere is ʼn eendagwerkswinkel wat op Saterdag 21 Augustus 2021 by Akademia se Centurion-kampus aangebied word deur die bekende jeugboekskrywer Christien Neser. Sodra deelnemers registreer, sal hulle per e-pos verdere inligting ontvang oor die dag. Die inskrywingsfooi sluit ’n ontbythappie en ligte middagete in. Leerders wat hierdie werkswinkel voltooi, ontvang ’n sertifikaat van Skryfnet. Inskrywings vir hierdie werkswinkel sluit op 16 Augustus 2021. 

Beskrywing

Wil jy graag eendag ’n skrywer word, maar jy het nog nie die selfvertroue om jou werk vir ander te wys nie? Dalk wil jy net jou storie afrond voordat jy dit indien. Of miskien sukkel jy nog om ’n goeie storie-idee te kry of wil jy dalk net beter kreatiewe opstelle vir die skool skryf. Dan is hierdie werkswinkel vir jou!  

Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere is ’n praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18. Dit word aangebied deur die gewilde jeugverhaalskrywer Christien Neser. Die werkswinkel fokus op die skryfproses, vertellerperspektief, skryfgenres, hoe om ’n storie aanmekaar te sit en redigering van jou teks – alles wat jy nodig het om aan jou storie te begin skryf. Dis ’n praktiese werkswinkel wat speletjies, oefeninge en skryfsessies insluit. Hierdie is die ideale werkswinkel vir skoolleerders wat hul kreatiewe skryfspiere wil losmaak – of jy nou ’n opstel, riller of liefdesverhaal wil neerpen.  

Gereelde vrae en antwoorde

Glad nie. Al wat jy nodig het, is entoesiasme.

Ja, hierdie werkswinkel is ontwikkel vir skoliere tussen die ouderdomme van 12 en 18. ’n Skryfkursus vir volwassenes word gereeld deur Skryfnet aangebied. Klik op hierdie skakel om te sien watter kursusse ons aanbied.   

 

Nee, maar kom gerus met genoeg vrae vir die aanbieder.

Skryfnet kan vir jou n faktuur opstel sodat jy n elektroniese oorbetaling kan doen. Jy kan n faktuur aanvra by [email protected].

Skryfnet kan vir jou n faktuur opstel sodat jy n elektroniese oorbetaling kan doen. Jy kan n faktuur aanvra by [email protected].

Skryfnet sal n elektroniese sertifikaat stuur na die e-posadres wat jy met die registrasieproses verskaf het. Die sertifikaat word sewe dae na afloop van die werkswinkel gestuur.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]