1. Vereistes waaraan voornemende deelnemers moet voldoen
  • Daar is geen voorvereistes waaraan deelnemers moet voldoen nie.
  • Skryfnet beveel dit sterk aan dat deelnemers wat wil inskryf vir die kursusse Skryf ‘n liefdesverhaal en Skryf ‘n kinderverhaal rééds ‘n basiese skryfkursus of Skryfnet se kursus Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns voltooi het. Dis egter nie ‘n voorvereiste nie.
  • Deelnemers moet oor basiese rekenaarvaardigheid beskik.
  1. Toerusting
  • Elke deelnemer moet beskik oor ʼn eie rekenaar vir alle aanlyn kursusse. ʼn Rekenaar is nie ʼn voorvereiste vir kontakkursusse nie.
  • Stabiele internettoegang, behalwe vir die kontakkursusse.
  • Zoom-sagteware om in te skakel by die regstreekse aanlyn sessies.
  • ʼn Woordverwerkingsprogram (soos Microsoft Word) om oefeninge te voltooi.
  • Jy het nie ʼn drukker nodig nie.
  1. Inskrywing en betaling
  • Alle kursusse se inskrywings vind elektronies plaas.
  • Betalings geskied elektronies en geskied saam met die inskrywing. Die stelsel aanvaar debiet- en kredietkaarte.
  • Indien die deelnemer nie in besit is van ʼn debiet-, en/ of kredietkaart nie, kan daar ʼn e-pos gestuur word aan [email protected].
  • Deelnemers wat nog nie betaal het met die aanvang van die kursus nie, sal nie toelating kry tot Skryfnet se leerplatform nie.
  1. Terugbetalingsbeleid
  • Indien ʼn voornemende deelnemer reeds betaal het, maar nie met die kursus kan begin en/ of dit voltooi nie:
  • Skryfnet moet ten minste 72 uur voor die aanvang van die kursus in kennis gestel word, waarna Skryfnet en die voornemende deelnemer ooreen sal kom om:
    • Skryfnet die kursusgeld min 50% administratiewe koste sal uitbetaal; of
    • Die deelnemer kry die geleentheid om sy/haar krediete te verskuif na die dieselfde kursus se volgende begindatum;
      of
  • Die krediet word oorgedra na ʼn ander kursus, maar moet binne ses maande gebruik word.
  • Indien ʼn kursus reeds aanvang geneem het en die deelnemer vir watter rede ook al nie die kursus kan voltooi nie, sal geen kursusgelde uitbetaal word nie.
  • Indien ʼn deelnemer na afloop van die kursus kursusgeld wil terugeis vir die volgende redes:
    • het nie genoegsame tyd gehad om die kursus te voltooi nie;
    • was nie gemaklik met die kursusinhoud nie;
    • het die verkeerde kursus gekies;
    • het nie beskik oor ʼn rekenaar of rekenaar was nie voldoende nie;
    • het nie internettoegang gehad nie;
    • het nie van die fasiliteerder of terugvoer gehou nie;
    • het nie aan verwagting voldoen nie;
    • het weens onvoorsiene redes nie die kursus kon voltooi nie en Skryfnet is nie gedurende die kursus in kennis gestel nie;
      sal geen gelde uitbetaal word aan deelnemers nie en die gelde wat teruggeëis word, kan ook nie oorgedra word na ʼn volgende kursus toe nie.
  1. Intellektuele eiendom
  • Met die inskrywing stem die student daartoe in dat Maroela Media en Akademia die eerste reg tot publikasie het van skryfwerk wat as deel van die kursus deur die student geskryf word.
  • Die student behou die kopiereg.
  1. Kursusmateriaal en leerplatform
  • Kursusmateriaal is slegs beskikbaar op Skryfnet se aanlynleerplatform en sal onder geen omstandighede per e-pos aan deelnemers beskikbaar gestel word nie.
  • Alle aanlynkursusdeelnemers kry toegang tot die leerplatform voordat die kursus begin.
  • Alle aanlynkursusdeelnemers moet kennis neem dat toegang tot Skryfnet se leerplatform gesluit word twee weke nadat die kursus afgesluit het. Deelnemers sal nié weer toegang tot die leerplatform kry nie.
  1. Uitstel vir die inhandiging van praktiese oefeninge.
  • Uitstel sal slegs met die vergunning van die projekkoördineerder en fasiliteerder toegestaan word.
  • Uitstel moet voor die inhandigingsdatum reeds aangevra word.
  1. Tegniese uitdagings
  • Deelnemers wat tegniese uitdagings het, moet Skryfnet binne 24 uur in kennis stel.
  • Deelnemers wat uitdagings met die leerplatform ervaar, moet Skryfnet binne 24 tot 48 uur in kennis stel vir ondersteuning.
  • Indien Skryfnet tegniese uitdagings ervaar, sal daar onmiddellik aan deelnemers gekommunikeer word oor die stappe om hulle te akkommodeer.
  1. Terugvoer
  • Skryfnet het geen insae in die fasiliteerder se terugvoer op praktiese oefeninge nie.
  1. Sertifikate
  • Deelnemers moet ten 80% van die kursus se leeraktiwiteite voltooi en deelneem om in aanmerking te kom vir ʼn sertifikaat aan die einde van die kursus.
  • Deelnemers wat aan die bogenoemde vereistes voldoen, sal ’n sertifikaat van deelname van Skryfnet ontvang.