Aangebied deur Johann Smith

Kontak ons

Oorsig

Skryf ʼn draaiboek vir kortfilm-werkswinkel is ʼn praktiese eendagwerkswinkel, gemik op aspirant-draaiboekskrywers en draaiboekskrywers wat hul vaardighede wil opskerp.

Dit vind op 31 Augustus 2024 by Maroela Media se kantore by die Voortrekkermonument in Pretoria plaas en word aangebied deur die veelbekroonde skrywer van lirieke, toneelstukke en draaiboeke, Johann Smith, wat ook die aanlyn kursus fasiliteer.

Sodra deelnemers registreer, sal hulle ʼn e-pos met verdere instruksies ontvang. Die inskrywingsfooi sluit ’n ligte verversings en middagete in. Deelnemers wat die opleiding voltooi, sal ʼn sertifikaat van Skryfnet ontvang. Inskrywings vir hierdie werkswinkel sluit op 29 Augustus 2024.

Beskrywing

Is jy ʼn aspirant-draaiboekskrywer, maar jy weet nie waar om te begin nie? Dalk het jy reeds ʼn oorspronklike idee, maar jy sukkel om pen op papier te sit.

Skryfnet bied vanjaar ʼn splinternuwe aanlyn kursus én werkswinkel aan om jou op ʼn opwindende en praktiese wyse touwys te maak om jou kreatiwiteit aan te wakker, jou idee te ontwikkel – en dalk jou storie op die skerm te kry.

Deelnemers kan vir een óf albei van die geleenthede registreer.

Hierdie praktiese eendagwerkswinkel gaan die manier waarop jy jou draaiboeke benader vir altyd verander.

Dit word aangebied deur die veelbekroonde skrywer van lirieke, toneelstukke en draaiboeke, Johann Smith, wat ook die aanlyn kursus fasiliteer.

Die werkswinkel fokus op al die bestanddele wat nodig is om ’n uithaler-kortfilmdraaiboek te skep. Dit is die ideale werkswinkel vir aspirant-draaiboekskrywers en draaiboekskrywers wat hul vaardighede wil opskerp.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ‘n e-pos na [email protected]