Ontwikkel deur Tina Kruger

Aangebied deur Johann Smith

Kontak ons

Oorsig

Skryfnet se aanlyn kursus – Skryf ʼn draaiboek vir kortfilm – begin op 1 Julie 2024. Dié agt weke lange kursus is ontwikkel deur die gesoute vervaardiger, produksiebestuurder, programbestuurder van die Silwerskermfees en draaiboekskrywer van speelfilms, dramareekse en sepies soos Leading Lady, Vir die voëls, Die Byl 5&6 en Getroud met Rugby 5, Tina Kruger.

Die veelbekroonde skrywer van lirieke, toneelstukke en draaiboeke, Johann Smith, fasiliteer die kursus en gee deur die loop van die agt weke terugvoer op die deelnemers se werk.

Hierdie kursus begelei deelnemers om ʼn eenvoudige en treffende idee te konseptualiseer, die hoof- en newekarakters te skep en te verken, ʼn boeiende storielyn en -wêreld te skep, die flimspan akkuraat te begelei en ʼn sinvolle struktuur te skep wat trefkrag het.

Sodra die aankoop en registrasie gefinaliseer is, ontvang deelnemers besonderhede om aan te teken op die aanlyn leerplatform. Deelnemers ontvang elke week nuwe leerinhoud op dié platform en kan dan teen hul eie pas die inhoud deurwerk en die week se werkstuk voltooi. Die aanbieder ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels op die platform se kletskamer.

Aan die einde van die kursus sal deelnemers kan spog met die nodige kennis en vaardighede om ʼn draaiboek vir kortfilm te skryf, en ʼn sertifikaat van Skryfnet.

Die inskrywings sluit op 28 Junie 2024 en die kursus begin op 1 Julie 2024.

Beskrywing

Skryf ʼn draaiboek vir kortfilm is ʼn praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van kortfilmdraaiboeke. Deelnemers aan hierdie kursus sal begelei word om ʼn eenvoudige en treffende idee te konseptualiseer, die hoof- en newekarakters te skep en te verken, ʼn boeiende storielyn en -wêreld te skep, die flimspan akkuraat te begelei en ʼn sinvolle struktuur te skep wat trefkrag het.

Die inhoud dek ook temas soos kreatiwiteit en inspirasie, asook praktiese strategieë om die skryf- en redigeertake aan te pak. Die kursus vind aanlyn plaas en deelnemers kan dit teen hul eie pas voltooi.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ‘n e-pos na [email protected]