Skryf ’n gedig

Ontwikkel en aangebied deur Daniel Hugo.

Kontak ons

Oorsig

Skryfnet se eerste aanlyn poësie-kursus – Skryf ’n gedig – begin op 8 April 2024.

Dié ses weke lange kursus is ontwikkel en word gefasiliteer deur die bekroonde skrywer Daniel Hugo. Die kursus is geskik vir enigiemand wat belangstel in die digkuns en is op aanvraag van die publiek geskep.

Oor hierdie tydperk kyk ons na wat ’n gedig ís, waar gedigte vandaan kom, verskillende soorte gedigte – en ook hoe jy klank en beeldspraak kan gebruik om beter gedigte te skryf.  Aan die einde van die kursus sal jy toegerus wees met kennis en praktiese vaardighede om met selfvertroue verse te skryf.

Sodra die aankoop en registrasie gefinaliseer is, ontvang deelnemers besonderhede om aan te teken op die aanlyn leerplatform. Deelnemers ontvang elke week nuwe leerinhoud op dié platform en kan dan teen hul eie pas die inhoud deurwerk en die week se werkstuk voltooi. Die aanbieder ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels op die platform se kletskamer.

Aan die einde van die kursus sal deelnemers kan spog met ’n sertifikaat van Akademia.

Die inskrywings sluit op 4 April en die kursus begin op 8 April 2024.

Beskrywing

Skryf ’n gedig is ’n praktiese kursus vir enigiemand wat belangstel in poësie.

Die kursus is ontwikkel en word ook gefasiliteer deur die bekroonde digter en vertaler Daniel Hugo uit wie se pen reeds 16 digbundels verskyn het – die jongste is Klinkklaar (2021). Daniel het ’n doktorsgraad in vernufspoësie, het ’n ATKV-Woordveertjie vir sy jongste digbundel ontvang en is al twee keer deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy vertaalwerk uit Nederlands bekroon.

Die Skryf ’n gedig-kursus word oor ses weke op Skryfnet se aanlyn leerplatform aangebied en enigeen wat met woorde wil woeker, is welkom om in te skryf. Benewens twee aanlyn sessies, kry deelnemers ook elke week toegang tot ’n nuwe tema se leermateriaal, asook individuele terugvoer van die fasiliteerder op praktiese oefeninge.

Aan die einde van die kursus sal jy toegerus wees met kennis en praktiese vaardighede om met selfvertroue verse te skryf.

Die kursus is soos volg gestruktureer:
Week 1 Inleiding en oriëntering
Week 2 Wat is ’n gedig?
Week 3 Waar kom gedigte vandaan?
Week 4 Verskillende soorte gedigte
Week 5 Klank en beeldspraak
Week 6 Afsluiting

Gereelde vrae en antwoorde

Glad nie. Al wat jy nodig het, is entoesiasme.

Ja, hierdie werkswinkel is ontwikkel vir skoliere tussen die ouderdomme van 12 en 18. ’n Skryfkursus vir volwassenes word gereeld deur Skryfnet aangebied. Klik op hierdie skakel om te sien watter kursusse ons aanbied.   

 

Nee, maar kom gerus met genoeg vrae vir die aanbieder.

Skryfnet kan vir jou n faktuur opstel sodat jy n elektroniese oorbetaling kan doen. Jy kan n faktuur aanvra by [email protected].

Skryfnet kan vir jou n faktuur opstel sodat jy n elektroniese oorbetaling kan doen. Jy kan n faktuur aanvra by [email protected].

Skryfnet sal n elektroniese sertifikaat stuur na die e-posadres wat jy met die registrasieproses verskaf het. Die sertifikaat word sewe dae na afloop van die werkswinkel gestuur.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]