Ontwikkel deur Carina Diedericks-Hugo en aangebied deur Nanette van Rooyen

Kontak ons

Oorsig

Skryfnet se aanlyn kursus – Skryf ’n Kinderverhaal – begin op 12 Augustus 2024. Dié ses weke lange kursus is ontwikkel deur die gesoute kinderboekskrywer en handelsmerkbestuurder, Carina Diedericks-Hugo, en word aangebied deur nog ’n gewilde skrywer, Nanette van Rooyen. Hierdie is nie ’n inleidende kursus nie, en ons beveel dit sterk aan dat deelnemers reeds ’n inleidende skryfkursus by Skryfnet of elders voltooi het wanneer hulle vir hierdie kursus inskryf. 

 Sodra die aankoop en registrasie gefinaliseer is, ontvang deelnemers besonderhede om aan te teken op die aanlyn leerplatform. Deelnemers ontvang elke week nuwe leerinhoud op dié platform en kan dan teen hul eie pas die inhoud deurwerk en die week se werkstuk voltooi. Die aanbieder ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels op die platform se kletskamer. 

 Aan die einde van die kursus sal deelnemers kan spog met die nodige kennis en vaardighede om ’n kinderboek te skryf, en ’n sertifikaat van Skryfnet. 

 

Beskrywing

Skryf ’n Kinderverhaal is ’n praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van kinderverhale. Deelnemers aan hierdie kursus sal leer hoe om ’n kinderboek te beplan en te skryf vir kinders tussen die ouderdom van agt en twaalf.  

Die kursus is soos volg gestruktureer: 

Week 1 Inleiding en oriëntering 

Week 2 Beplanning 

Week 3 Boublokke van ’n boeiende storielyn 

Week 4 Skep die perfekte ruimte vir jou storie 

Week 5 Karakterbybel  

Week 6 Afsluiting 

Gereelde vrae en antwoorde

Hier is antwoorde vir moontlike vrae wat jy mag hê in verband met die kursusse. Indien jy enige ander vrae het wat nie hieronder beskikbaar is nie, kontak ons gerus by die inligting soos hieronder verskaf.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]