Ontwikkel en aangebied deur Madri Victor

Oorsig

Skryfnet se aanlyn kursus – Skryf ’n liefdesverhaal – vind slegs op aanvraag en indien daar genoeg belangstelling is in 2024 plaas. Dié ses weke lange kursus is ontwikkeling deur die gesoute boekeredakteur en manuskripontwikkelaar Madri Victor. Sy bied ook die eerste ronde van hierdie kursus aan. Hierdie is nie ’n inleidende kursus nie, en ons beveel dit sterk aan dat deelnemers reeds ’n inleidende skryfkursus by Skryfnet of elders voltooi het wanneer hulle vir hierdie kursus inskryf. 

Sodra die aankoop en registrasie gefinaliseer is, ontvang deelnemers besonderhede om aan te teken op die aanlyn leerplatform. Deelnemers ontvang elke week nuwe leerinhoud op dié platform en kan dan teen hul eie pas die inhoud deurwerk en die week se werkstuk voltooi. Die aanbieder ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels op die platform se kletskamer.

Aan die einde van die kursus sal deelnemers kan spog met die eerste hoofstukke van ’n liefdesverhaal en ’n sertifikaat van Skryfnet.

 

Beskrywing

Skryf ’n liefdesverhaal is ’n praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van liefdesverhale. Deelnemers aan hierdie kursus sal leer hoe om oortuigende karakters te skep en hul drome en motiverings gebruik om hul plot woema te gee en spanning te bou. Daar word boonop gefokus op die vroulike perspektief en hoe ’n skrywer in ’n heldin se lyf kan klim. Die kursus maak deelnemers ook touwys hoe om liefdesverhale vir publikasie voor te lê.

Die kursus is soos volg gestruktureer:

Week 1 Inleiding en oriëntering

Week 2 Die verskil tussen die romanse en liefdesroman

Week 3 Elemente van ’n goeie liefdesverhaal: karakterontwikkeling en dialoog

Week 4 Elemente van ’n goeie liefdesverhaal: plot en spanning

Week 5 Elemente van ’n goeie liefdesverhaal: vroulike perspektief

Week 6 Afsluiting

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]