Ontwikkel en aangebied deur Maroela Media se Elaine Krige

BESPREEK JOU PLEK

Oorsig

Skryf ’n Mediaverklaring, wat op die professionele mark gerig is, is ’n regstreekse aanlyn werkswinkel wat op Teams aangebied word. Hierdie oggendwerkswinkel is ontwikkel en word ook aangebied deur dr. Thalyta Swanepoel, ’n dosent in joernalistiek en mediaskakeling aan die Noordwes-Universiteit en ’n voormalige joernalis en kommunikasiepraktisyn. Sodra deelnemers se registrasie gefinaliseer is, sal hulle per e-pos verdere instruksies ontvang om by die aanlynsessie in te skakel en ’n mediaverklaring as voorbeeld in te dien. Deelnemers wat hierdie werkswinkel voltooi, ontvang ’n sertifikaat van Akademia. Dié werkswinkel sal in 2024 slegs op aanvraag aangebied word indien daar genoeg belangstelling is.

Hierdie oggendwerkswinkel is oorspronklik ontwikkel en word ook aangebied deur dr. Thalyta Swanepoel, ’n dosent in joernalistiek en mediaskakeling aan die Noordwes-Universiteit en ’n voormalige joernalis en kommunikasiepraktisyn. Maar word hierdie ronde aangebied deur Maroela Media se Elaine Krige, ’n gesoute joernalis en mediakenner.

Beskrywing

Skryf ’n mediaverklaring is ’n praktiese werkswinkel wat ontwikkel is en aangebied word deur dr. Thalyta Swanepoel, ’n dosent in joernalistiek en mediaskakeling aan die Noordwes-Universiteit en ’n voormalige joernalis en kommunikasiepraktisyn. Die werkswinkel word regstreeks en aanlyn op ’n weeksoggend aangebied en sal deelnemers toerus met die nodige kennis en praktiese vaardighede om in-die-kol mediaverklarings te skryf wat nuusredakteurs se aandag trek en nié in hul snippermandjie beland nie. Skryf ’n mediaverklaring is nie bloot ’n teoretiese kursus nie; dr. Swanepoel sal deelnemers aan die hand van hul eie mediaverklarings lei om meer treffende kopie te skryf. Maroela Media se nuusredakteur, Esté Meyer-Jansen, sal ook kortliks sy ervaringe deel en verduidelik hoe nuusredakteurs besluite maak oor mediaverklarings. As jy ’n kommunikasiepraktisyn of entrepreneur is wat jou organisasie of besigheid meer blootstelling in die media wil gee, is hierdie werkswinkel onontbeerlik.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]