Ontwikkel en aangebied deur Erica Dannhauser

Registreer nou

Oorsig

Skryf ʼn Toespraak is ʼn praktiese eendagwerkswinkel, vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18, fokus op al die bestanddele wat nodig is om ʼn uithaler-toespraak te skryf. Dit word aangebied deur Afrikaans Hoër Meisieskool se gewilde redenaars-afrigter, Erica Dannhauser. 

Sodra deelnemers registreer, sal hulle ʼn e-pos met verdere instruksies ontvang. Die inskrywingsfooi sluit ’n ligte ontbythappie en middagete in. Leerders wat die opleiding voltooi, sal ʼn sertifikaat van Skryfnet ontvang. Hierdie werkswinkel word in 2024 slegs op aanvraag aangebied, mits daar voldoende belangstelling is.  

Beskrywing

Is jy ’n onderwyser wat redenaars moet afrig, ’n mamma wat moet help toesprake skryf of ’n passievolle redenaar wat graag ’n wen-praatjie wil lewer? Dan is Skryf ’n Toespraak net wat jy nodig het!  

Hierdie praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18 gaan die manier waarop jy jou toesprake benader vir altyd verander.  

Dit word aangebied deur Afrikaans Hoër Meisieskool se gewilde redenaars-afrigter, Erica Dannhauser. Die werkswinkel fokus op al die bestanddele wat nodig is om ’n uithaler-toespraak te skep. Dit is die ideale werkswinkel vir skoliere, onderwysers of ouers wat graag op ’n praktiese en prettige manier hulle toespraakvaardighede wil opskerp.  

Gereelde vrae en antwoorde

Glad nie. Al wat jy nodig het, is entoesiasme.

Ja, hierdie werkswinkel is ontwikkel vir skoliere tussen die ouderdomme van 12 en 18. ’n Skryfkursus vir volwassenes word gereeld deur Skryfnet aangebied. Klik op hierdie skakel om te sien watter kursusse ons aanbied.   

 

Nee, maar kom gerus met genoeg vrae vir die aanbieder.

Skryfnet kan vir jou n faktuur opstel sodat jy n elektroniese oorbetaling kan doen. Jy kan n faktuur aanvra by [email protected].

Skryfnet kan vir jou n faktuur opstel sodat jy n elektroniese oorbetaling kan doen. Jy kan n faktuur aanvra by [email protected].

Skryfnet sal n elektroniese sertifikaat stuur na die e-posadres wat jy met die registrasieproses verskaf het. Die sertifikaat word sewe dae na afloop van die werkswinkel gestuur.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]