Nog ʼn woordeboek vir Afrikaans? Is dit werklik nodig? En wat op aarde is ʼn tesourus?

Dít is van die vrae wat Leon en Amanda de Stadler onlangs in ʼn onderhoud met Maroela Media oor die hersiene uitgawe van die Tesourus van Afrikaans beantwoord het.

“Kyk, daar is sommige mense wat amper so hande wringend praat oor Afrikaans wat doodgaan, maar dit is beslis nie wat ons ervaar nie,” sê Leon. “Ons sien ʼn taal wat daagliks groei en lewe. En ʼn taal groei omdat mense dit gebruik.”

ʼn Woordeboek soos dié is deels ʼn ode aan gebruikers van die taal, meen Leon. “Dit is immers in die mond van taalsprekers waar die woorde ontstaan.”

Die De Stadler-egpaar bring ook hulde aan voorgangers wat ʼn uitsonderlike bydrae in die optekening van taalskatte gelewer het.

“Met ʼn projek soos hierdie gee ons erkenning aan ʼn groot groep mense wat voor ons aan woordeboeke gewerk het,” sê Leon. “Ek het besef dat ʼn mens nederig en beskeie moet bly, want ons bou eintlik net voort op ander leksikograwe se werk.”

Lees meer

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ‘n e-pos na [email protected]