Fassineer die herkoms van Suid-Afrikaanse plekname jou ook? Kry hier ʼn voorsmakie uit Plekname van Suider-Afrika wat onlangs by Protea Boekhuis verskyn het.

Dorpie aan Marcusbaai, 24 km suidoos van Bredasdorp. Dit is genoem na die Britse troepeskip die Arniston , wat op 30 Mei 1815 in die baai, ongeveer 40 km noordoos van Kaap Agulhas, gestrand het met ʼn verlies van 372 lewens en slegs ses oorlewendes. Die skip is vermoedelik genoem na Arniston in die graafskap Midlothian, Skotland.

Arniston
Die dorpie het jare lank as Waenhuiskrans bekend gestaan, maar is later ook as Arniston goedgekeur, ʼn seldsame geval van dubbelnamige goedkeuring in Suid-Afrika (bl. 56).

Duiwelspiek
Berg 1 002 m hoog, noordoos van Tafelberg en daarmee verbind, in Engels bekend as Devil’s Peak. Vroeë Nederlandse name vir die bergkruin sluit in Duivenberg, aanvanklik vertolk as , “duiwe”, later ook as Duyvels Bergh en Duivels Berg; dus geïnterpreteer as “duiwels”.

Lees meer

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ‘n e-pos na [email protected]