Met een voet in die Bybel ondersoek ds. Gert Janse van Rensburg sowat 800 Afrikaanse spreekwoorde, vaste uitdrukkings, idiome en gesegdes wat op een of ander manier na die Bybel herlei kan word. Hy verskaf inligting oor die Bybelse herkoms aan die hand van meer as 2 000 Skrifgedeeltes, teologiese verduidelikings en tussendeur word die inhoud met ʼn tikkie humor aangebied.

Die boek is geskik vir Bybellesers en -studente, gesellige gesinsaande tydens die afsonderingstydperk, skoliere wat hul opstelpunte wil verbeter, individuele of groepbybelstudie, asook teoloë en taalpraktisyns.

Hannes Noëth, Solidariteit Helpende Hand se uitvoerende direkteur, sê die organisasie is dankbaar vir Janse van Rensburg se bydrae tot Afrikaans. Noëth beskryf die boek as “ʼn kosbare stukkie erfenis in die mond en in die hart van Afrikaanssprekendes”.

“Die publikasie is vir ons juis besonders omdat dit wys hoe die taal van die Bybel van die begin af in die lewe van ons mense gepraat is,” sê hy. “Dit is kosbaar om deel hiervan te wees. Die taal wat ʼn mens praat getuig van wie jy is.”

Helpende Hand het reeds vir elke ere-ondersteuner ouer as 90 ʼn eksemplaar bestel wat hulle as geskenke sal ontvang.

Lees meer

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ‘n e-pos na [email protected]