“Onse Vader wat innie jimmel in sit,
ons wil nou vedag net vi U kom bid:
Lat U se Naam tog by ons ok geheilig raak,
Lat U se Naam tog by ons ok geheilig raak,
Lat U se Naam tog by ons ok geheilig raak,
ok gebere sos da bo tissennie sterretjiese rond,
ok gebere sos da bo tissennie sterretjiese rond,
vegjeef ons al onse geskjel en onse gesteel,
want sos ons nou yt U se Woord yt weet:
ons moet die naaste se sondese ok vegjeet.
Lat ons onse rigte gjee virrie versoekingse,
en velos ons nou vannie hele dywel se dinge”

(Uit ‘Onse Vader’ wat in Innie Skylte vannie Jirre verskyn)

Griekwagedigte soos dié praat met jou hart as jy Afrikaans is. Dit laat jou onthou wie jy is en waar jy inpas hier aan die suidpunt van Afrika, waar jou moedertaal soveel variasies het soos die natuurskoon van die land waar die taal gemaak is.

Die man agter dié woorde is Hans du Plessis. Hy is geliefd, gerespekteer en gewaardeer in sy vriendekring, in akademiese kringe en in die skrywersgeselskap.

Sy naam pryk op ʼn rits akademiese en letterkundeboeke wat jy in enige goeie boekversameling sal vind. In akademiese kringe is hy bekend vir sy navorsing oor variasietaalkunde in Afrikaans. Skrywers ken hom as die voormalige hoof van die ATKV-Skryfskool op Potchefstroom, waar talle nou bekende skrywers hul skryftande geslyp het. Hy is ʼn mentor vir talle skrywers en studente, en skrywer van jeug en geskiedkundige romans.

Lees meer

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ‘n e-pos na [email protected]