Wil jy graag eendag ’n skrywer word, maar jy het nog nie die selfvertroue om jou werk vir ander te wys nie? Dalk wil jy net jou storie afrond voordat jy dit indien. Of miskien sukkel jy nog om ’n goeie storie-idee te kry of jy wil net beter kreatiewe opstelle vir die skool skryf. Dan is hierdie werkswinkel vir jou!

Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere is ’n praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18. Dit word aangebied deur die gewilde jeugverhaalskrywer Christien Neser. Die werkswinkel fokus op die skryfproses, vertellerperspektief, skryfgenres, hoe om ’n storie aanmekaar te sit en redigering van jou teks – alles wat jy nodig het om aan jou storie te begin skryf. Dis ’n praktiese werkswinkel wat speletjies, oefeninge en skryfsessies insluit. Dit is die ideale werkswinkel vir skoliere wat hul kreatiewe skryfspiere wil losmaak – of hulle nou ’n opstel, riller of liefdesverhaal wil neerpen.

Lees meer

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ‘n e-pos na [email protected]