Wou jy nog altyd ʼn verskil in jou plaaslike gemeenskap maak?

Wil jy stories vertel wat vir jou dorp, skool of gemeente belangrik is?

Wil jy graag skryf oor die gebeure, sake en interessante mense in jou gemeenskap?

Kom leer dan hoe met ons splinternuwe Skryf vir Gemeenskapsmedia-kursus.

Ons maak jou touwys om vir jou gemeenskapskoerant, skoolkoerant, gemeente se nuusbrief of jou plaaslike radiostasie te skryf oor die dinge wat vir jou gemeenskap saak maak.

Die kursus fokus op die basiese kennis en vaardighede van joernalistieke skryfwerk, soos:

  • Waar kry ek ʼn goeie storie?
  • Hoe gebruik ek bronne?
  • Hoe voer ek ʼn onderhoud?
  • Watter inligting moet in my storie wees?
  • Wat is die struktuur van ʼn goeie nuusstorie?
  • Hoe kan ek ʼn storie met foto’s vertel?
  • Hoe kan ek ʼn storie met klank vertel?
  • Hoe kan ek op ʼn etiese wyse vir gemeenskapsmedia skryf?

Die kursus is ontwikkel deur Maroela Media se gesoute joernaliste en word aangebied deur een van Akademia se kundige dosente.

Dié toeganklike 10-weke kursus is gemik op beginners én diegene wat reeds by gemeenskapsmedia, gemeentenuusbriewe, skoolkoerante of plaaslike radiostasies betrokke is.

Skryf nou in – en maak ʼn verskil in jou dorp of streek.

Skryf vir Gemeenskapsmedia skop amptelik op 7 Augustus 2023 met ʼn aanlyn verwelkomingsessie af en eindig op 9 Oktober 2023.

Om jou plek te bespreek, klik hier. Sodra die registrasieproses afgehandel is, sal daar ʼn e-pos met verdere inligting deurgegee word om toegang te kry tot die leerplatform.

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia. Inskrywings sluit op 12 Mei 2023. Koste beloop R4 000 per persoon.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]