Was dit nog altyd jou droom om ʼn skrywer te wees? Dan is Skryfnet se inleidende skryfkursus, Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns, die perfekte manier om jou droom vlerke te gee.

Hierdie praktiese, inleidende aanlyn kursus (wat vanaf 11 Julie 2022 vir die vierde keer aangebied word) is ontwikkel deur die bekroonde Afrikaanse skrywer, prof. Hans du Plessis, en word aangebied deur Corlia Fourie.

Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns duur agt weke en fokus op die skryf van verhalende prosa, met spesifieke verwysing na die skryf van ʼn kortverhaal. Die beginsels en skeppingselemente wat in die kursus bespreek word, geld egter ook vir die skep van enige verhalende prosawerk – soos ʼn roman, jeugverhaal, kinderverhaal of novelle.

Die kursus bestaan uit agt leergedeeltes (wat weekliks op kursusgangers se eie tyd deurgewerk word) met notas, video’s, praktiese opdragte, aanvullende leermateriaal en regstreekse aanlyn-sessies.

Corlia (die aanbieder) ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels op die platform se kletskamer.

Na afloop van hierdie kursus sal deelnemers toegerus wees met die teoretiese kennis en praktiese vaardighede om ʼn eie verhaal te beplan, skryf en ontleed. Hulle sal ook kan spog met ʼn afgeronde kortverhaal en ʼn sertifikaat van Akademia.

Oor die kursusontwikkelaar en -aanbieder:

Die geliefde en bekroonde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis het in 1978 gedebuteer met sy digbundel Kleinwild. Sedertdien het hy meer as 160 publikasies – waaronder akademiese artikels en boeke, ses digbundels, drie jeugromans en vier romans – die lig laat sien. Sy jongste roman, Die opstand van Poppie Nel, het in 2020 by Lapa-uitgewery verskyn. Du Plessis het al verskeie pryse en toekennings vir sy werk ontvang, onder meer die ATKV-kinderboekprys en ʼn erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Du Plessis is reeds sedert 1985 betrokke by skryfkurssuse wat die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereeniging (ATKV) in samewerking met die Noordwes-Universiteit aanbied; hy was ook die eerste direkteur toe die ATKV-skryfskool in 1990 gestig is. Hy en sy vrou, Magdaleen, woon op Potchefstroom.

Corlia Fourie het as joernalis gewerk voordat sy fiksie begin skryf het. Van haar bekendste werk is die drama Moeders en Dogters wat onder meer deur KRUIK opgevoer is en voorverlede jaar ook deur die dramadepartement van die Universiteit van Kaapstad. Twee kortverhaalbundels,  en Liefde en Geweld, en drie romans het uit haar pen verskyn. Sy het ook kinderstories geskryf en haar digbundel, Die goeie vrou en ander mites, het in 2018 verskyn. Sy was vir 25 jaar lank Rooi Rose se verhaalredakteur.

Bespreek nou jou plek!

Belangstellendes kan nou uit een van twee opwindende opsies kies wanneer hulle plek bespreek vir hierdie waardevolle kursus.

  1. Betaal ’n eenmalige bedrag van R2 800 vir die agt weke kursus.

Klik hier om jou plek te bespreek.

  1. Bespreek vir Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns + enige ander kursus van jou keuse (binne twaalf maande vanaf betaling) en kry R500 afslag. Dis twee kursusse vir slegs R4 450!

Klik hier om van die spesiale aanbod gebruik te maak.

Skryfnet is ’n projek deur Maroela Media en Akademia.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]