Moet jy soms inligting aan die publiek kommunikeer? Wil jy soms ʼn boodskap oor jou onderneming vir die media aanstuur, maar jy is nie seker of hulle dit vir publikasie sal oorweeg nie? Is jy onseker hoe om die wie, wat, waar, wanneer en hoe van ʼn persverklaring op te stel?

Dan is hier goeie nuus! Skryfnet, ʼn Afrikaanse skryfskool, bied binnekort ʼn kursus aan waar jy kan leer hoe om ʼn mediaverklaring te skryf.

Dr. Thalyta Swanepoel, ʼn dosent in joernalistiek en mediaskakeling aan die Noordwes-Universiteit en ʼn voormalige joernalis en kommunikasiepraktisyn, het dié praktiese werksessie ontwikkel.

Dit word regstreeks en aanlyn deur dr. Swanepoel aangebied en deelnemers sal toegerus word met die nodige kennis en praktiese vaardighede om in-die-kol mediaverklarings te skryf wat nuusredakteurs se aandag trek en nié in hul snippermandjie beland nie.

Lees meer

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ‘n e-pos na [email protected]