Wil jy graag leer skryf, maar die finansies knyp? Helpende Hand het uit die JD Kestell-fonds studievrye lenings vir Skryfnet se kursusse bewillig. Vyf rentevrye studielenings is beskikbaar vir die eerste Skryfnet-kursus.

Riaan Grobler, ʼn omroeper van Pretoria FM, is die eerste ontvanger van een van dié rentevrye studielenings. Hy het Woensdag sy eie gebak aan Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand oorhandig (sien die video onderaan hierdie artikel).

“Ek is super opgewonde daaroor, ek kan nie wag om met die kursus te begin nie,” het Riaan gesê.

Die rentevrye studielenings word beskikbaar gemaak aan goedgekeurde kandidate en die bedrag sal teen R200 per maand terugbetaalbaar wees in 14 paaiemente (oor ʼn tydperk van 14 maande).

Lees meer

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ‘n e-pos na [email protected]