Dis 2024 en hierdie kan die jaar wees waarop jy jou drome waar maak en uiteindelik daai boek skryf wat al so lank in jou kop broei.

Skryfnet het lekker kursusse en werkswinkels waarna jy in die eerste kwartaal van die jaar kan uitsien.

KREATIEWE SKRYFKUNS VIR SKOLIERE

Kinders wat passievol is oor skryf, sal baie waarde kry uit vanjaar se Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere-werkswinkel wat op 16 Maart 2024 (van 09:00 tot 15:00) by Maroela Media se kantore by die Voortrekkermonument plaasvind.

Dit is ʼn praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18. Dit word aangebied deur die gewilde jeugverhaalskrywer Christien Neser.

Die werkswinkel fokus op die skryfproses, vertellerperspektief, skryfgenres, hoe om ʼn storie aanmekaar te sit en redigering van jou teks – alles wat jy nodig het om aan jou storie te begin skryf.

Kaartjies kos R700 per persoon. Na afloop van die werkswinkel, sal deelnemers ook ʼn sertifikaat van deelname ontvang.

Klik hier om kaartjies te koop.

SKRYF VIR GEMEENSKAPSMEDIA

Wil jy graag skryf oor die gebeure, sake en interessante mense in jou gemeenskap?

Kom leer dan hoe met ons splinternuwe Skryf vir Gemeenskapsmedia-kursus.

Ons maak jou touwys om vir jou gemeenskapskoerant, skoolkoerant, gemeente se nuusbrief of selfs jou plaaslike radiostasie te skryf oor die dinge wat vir jou gemeenskap saak maak.

Die kursus is ontwikkel deur Maroela Media se gesoute joernaliste en word aangebied deur Landi Slatter, ʼn vryskutjoernalis en dosent by Akademia wat voorheen vir Maroela Media en Rapport geskryf het.

Dié toeganklike 10-weke kursus is gemik op beginners én diegene wat reeds by gemeenskapsmedia, gemeentenuusbriewe, skoolkoerante of plaaslike radiostasies betrokke is.

Skryf vir Gemeenskapsmedia skop amptelik op 1 April 2024 met ʼn aanlyn verwelkomingsessie af en eindig op 10 Junie 2024.

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia. Inskrywings sluit op 28 Maart 2024. Koste beloop R4 250 per persoon. Klik hier om te bespreek.

SKRYF ’N GEDIG

Steek jy dalk ʼn joernaal vol gedigte in jou bedkassie weg? Het jy net daardie hupstoot of selfvertroue nodig om jou digkuns met ander te deel? Of wil jy jou hand vir die eerste maal aan die kuns van poësie waag?

Dan is Skryfnet se nuwe en praktiese Skryf ʼn gedig-kursus pasmaak vir jou. In hierdie kursus, wat op versoek van Skryfnet-deelnemers ontwikkel is, kyk ons na wat ʼn gedig ís, waar gedigte vandaan kom, verskillende soorte gedigte – en ook hoe jy klank en beeldspraak kan gebruik om beter gedigte te skryf.  Aan die einde van die kursus sal jy toegerus wees met kennis en praktiese vaardighede om met selfvertroue verse te skryf.

Die kursus is ontwikkel en word ook gefasiliteer deur die bekroonde digter en vertaler Daniel Hugo uit wie se pen reeds 16 digbundels verskyn het – die jongste is Klinkklaar (2021). Daniel het ʼn doktorsgraad in vernufspoësie, het ʼn ATKV-Woordveertjie vir sy jongste digbundel ontvang en is al twee keer deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy vertaalwerk uit Nederlands bekroon.

Die Skryf ʼn gedig-kursus word oor ses weke op Skryfnet se aanlyn leerplatform aangebied en enigeen wat met woorde wil woeker, is welkom om in te skryf. Benewens twee aanlyn sessies, kry deelnemers ook elke week toegang tot ʼn nuwe tema se leermateriaal, asook individuele terugvoer van die fasiliteerder op praktiese oefeninge.

Die kursus begin op 8 April 2024 met ʼn aanlyn verwelkomingsessie waartydens jy Daniel Hugo sal ontmoet. Koste beloop R2 500 per persoon.

Om jou plek te bespreek, klik hier.

SKRYF ’N MEDIAVERKLARING

Dit kan uiters frustrerend wees as jou mediaverklaring nie die nuus haal nadat jy so hard daaraan gewerk het nie.

Elaine Krige kan help! Op die oggend van 12 April 2024 (van 09:00 tot 13:00) kan jy deel wees van ʼn aanlyn werkswinkel (op Teams) wat ontwerp is om jou te help om mediaverklarings te skryf wat nuusbronne se aandag sal trek!

Bespreek nou hier. Kaartjies kos R500 per persoon.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]