Wonder jy partykeer hoe om e-posse aan jou kollegas beter te bewoord? Hier is vyf wenke om jou lewe by die werk makliker te maak.  

In die digitale era, kommunikeer ons gereeld via e-pos of deesdae selfs WhatsApp. Daarom is dit nodig om, veral in die werkplek, seker te maak dat jy jou boodskap vinnig en effektief oordra. Hier is ’n paar wenke om jou hiermee te help.  

  1. Kom tot die punt: Jou kollegas is tien-teen-een net so besig soos jy. Sê daarom in die eerste paar sinne waaroor jou e-pos gaan. Dit sal baie tyd spaar vir diegene wat slegs moet kennis neem van die kommunikasie en die res aanmoedig om verder te lees.
  1. Hou dit eenvoudig: Ingewikkelde woorde en sinsnedes klink mooi, maar kan dikwels tot verwarring of dubbelsinnigheid lei. Hou jou kommunikasie eenvoudig, sodat die werk gedoen kan word en kollegas nie hoef tyd te mors om komplekse e-posse te ontsyfer nie.
  1. Wees op die man af: Hou jou e-posse kort en kragtig, sonder onnodige beskrywende woorde en verduidelikings. Om jou boodskap puntsgewys uit een te sit, kan baie effektief wees.
  1. Gebruik jou speltoetser: Almal maak soms tikfoute, maar deesdae is daar speltoetsers in verskeie tale beskikbaar om dit te beperk. Maak seker dat jy altyd professioneel oorkom deur die regte hulpmiddel(s) te gebruik.
  1. Proeflees voor jy stuur: Lees altyd jou e-pos deur voordat jy dit stuur en maak seker die regte mense is as ontvangers gelys. So kan jy onnodige foute en verleentheid uitskakel.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ‘n e-pos na [email protected]