Deelnemers wat inskryf vir die tweede rondte van Skryfnet se gewilde Skryf ʼn Liefdesverhaal-kursus, wat op 19 September 2022 afskop, sal nou ook die opwindende geleentheid hê om met Elsa Winckler te gesels!

Dié kursus wat deur die gesoute boekeredakteur en manuskripontwikkelaar, Madri Victor, ontwikkel is en aangebied word, skop oudergewoonte met ʼn regstreekse aanlyn verwelkomingsessie af waarvan dié gewilde skrywer wat pas haar nuutste roman, Die vroue van Kosmoslaan, uitgereik het gaan deel wees.

Tydens dié opwindende sessie sal deelnemers nie net waardevolle raad van Elsa af ontvang oor die skryf van liefdesverhale nie, maar ook die geleentheid kry om vir haar vrae te vra.

Skryf ʼn Liefdesverhaal sal oudergewoonte aanlyn aangebied word oor ʼn tydperk van ses weke. Dit is ʼn praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van liefdesverhale.

Deelnemers aan hierdie kursus sal leer hoe om oortuigende karakters te skep en hul drome en motiverings gebruik om hul plot woema te gee en spanning te bou.

Daar word boonop gefokus op die vroulike perspektief en hoe ʼn skrywer in ʼn heldin se lyf kan klim. Die kursus maak deelnemers ook touwys hoe om liefdesverhale vir publikasie voor te lê.

Om jou plek te bespreek, klik hier.

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia.

Die kursus kos R2 100 per persoon.

Inskrywings sluit op 16 September 2022, so daar is nie meer baie tyd oor nie. Bespreek nou nou jou plek!

Vir meer inligting oor die kursus, stuur ʼn e-pos na [email protected] of volg ons op Facebook en Instagram.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]