Was dit nog altyd jou droom om jou eie kinderverhaal te publiseer? Wil jy die lewens van laerskoolkinders verryk met ’n storie wat hulle nog lank gaan bybly?

Dan is daar goeie nuus vir jou! Skryfnet, die Afrikaanse skryfskool, bied eersdaags ’n kursus aan, wat ontwikkel is deur Carina Diedericks-Hugo en aangebied word deur Nanette van Rooyen, en jou gaan leer om die perfekte kinderverhaal te skryf.

Carina Diedericks-Hugo is ’n gesoute kinderverhaalskrywer, wat die ATKV-Kinderboekprys reeds ses maal gewen het, en is veral bekend vir boeke soos die Thomas@-reeks wat te sien is as ’n TV-reeks op kykNET, asook Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U. en Die verdrinking van Josua van Eden.

Nanette van Rooyen publiseer al kinderboeke vanaf 1994. Sy het haar debuut in die kindermark gemaak met Onkel en Pops en het sedertdien al agtien kinderboeke, asook twee bekroonde tienerromans, geskryf.

Skryf ’n Kinderverhaal sal oudergewoonte aanlyn aangebied word oor ’n tydperk van ses weke. Dit is ’n praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van kinderverhale.

Deelnemers aan hierdie kursus sal leer hoe om ’n kinderboek te beplan, ontwikkel en skryf vir kinders tussen die ouderdom van agt en twaalf.

As jy ’n kinderstorie in jou hart het, wat jy graag met die jongspan wil deel, is Skryf ’n Kinderverhaal ’n móét.

Die kursus skop amptelik op 6 Junie 2022 met ’n aanlyn verwelkomingsessie af.

Om jou plek te bespreek, klik hier. Sodra die registrasieproses afgehandel is, sal daar ’n e-pos met verdere inligting deurgegee word om toegang te kry tot die leerplatform.

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ’n sertifikaat van Akademia. Inskrywings sluit op 1 Junie 2022. Koste beloop R2100 per persoon.

Vir meer inligting oor die kursus, stuur e-pos na [email protected] of volg ons op Facebook en Instagram.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]