Sedert Februarie 2021 help Skryfnet aspirantskrywers om te woeker met idees en woorde. 

Die eerste aanlyn kursus van Skryfnet was die agt weke kursus “Inleiding tot kreatiewe skryfkuns”, ontwikkel deur prof. Hans du Plessis. Daarna het verskeie kort kursusse gevolg. Vroeër vanjaar het die ses weke lange kursus “Skryf ʼn liefdesverhaal” die lig gesien en dit word tans aangebied. 

Die goeie nuus is dat Skryfnet binnekort sy vlagskipkursus, “Inleiding tot kreatiewe skryfkuns” herhaal. Datums is ook reeds gefinaliseer vir nog kursusse later vanjaar. 

Inleiding tot kreatiewe skryfkuns  

Begindatum: 7 Maart 2022

Dié inleidende, praktiese kursus maak deelnemers aan die hand van die kortverhaal touwys in die basiese beginsels van verhalende prosa. Die kursus word aangebied deur Elzebet Stubbe, ’n senior boekeredakteur by Penguin Random House. 

Die kursus fokus op skryfbeginsels, skeppingselemente en die skryfproses. Deelnemers word met teoretiese kennis en praktiese vaardighede toegerus om uiteindelik ʼn eie verhaal te beplan, te skryf en te ontleed. Aan die einde van die kursus sal deelnemers kan spog met ʼn afgeronde kortverhaal en ʼn sertifikaat van Skryfnet. 

Inskrywings sluit op 4 Maart 2022 en die kursus begin op 7 Maart en duur tot 2 Mei. Die kursus kos R2 850. Daar is egter ʼn beperkte aantal plekke beskikbaar. Registreer sommer nou vir dié kursus.

Lees meer

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ‘n e-pos na [email protected]