Daar is baie kinders wat aan redenaars deelneem of ’n passie het vir skryf. Omdat Skryfnet nie net opleiding en kundigheid tot volwassenes wil beperk nie, bied dié Afrikaanse skryfskool in Julie 2022 twee opwindende werkswinkels vir skoliere aan.

Kinders wat passievol is oor skryf, sal baie waarde kry uit vanjaar se Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere-werkswinkel wat op 23 Julie 2022 (van 09:00 tot 15:00) by Akademia se Centurion-kampus plaasvind.

Hierdie werkswinkel, aangebied en ontwikkel deur die gewilde skrywer Christien Neser, is ʼn praktiese en prettige leersessie wat speletjies, oefeninge en skryfsessies insluit.

Dit is ideaal vir skoliere wat hul kreatiewe skryfspiere wil losmaak.

Die Skryf ʼn Toespraak-werkswinkel is elke redenaar (of selfs onderwyser of ouer wat gereeld moet help toespraakskryf) se droom. Dit vind op 30 Julie 2022, van 09:00 tot 15:00, by Akademia se Centurion-kampus plaas.

Hierdie praktiese eendagwerkswinkel, vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18, fokus op al die bestanddele wat nodig is om ʼn uithaler-toespraak te skryf wat die potensiaal het om pryse te wen.

Dit word aangebied deur Afrikaans Hoër Meisieskool se gewilde redenaars-afrigter, Erica Dannhauser, en is ideaal vir skoliere wat wil uitblink in redenaars, ouers wat moet help toesprake skryf en onderwysers wat redenaars aanbied.

Slegs ʼn beperkte aantal plekke is beskikbaar, so leerders moet vinnig spring om teleurstelling te voorkom!

Kaartjies kos R650 per persoon, per werkswinkel, en 10%-afslag is beskikbaar vir groepe van vyf of meer leerders. Na afloop van die werkswinkel, sal deelnemers ook ʼn sertifikaat van deelname ontvang. ʼn Ligte middagete sal ook bedien word.

Klik hier om kaartjies te koop vir Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere of hier om plek te bespreek vir die Skryf ʼn Toespraak-werkswinkel.

Inskrywings sluit onderskeidelik op 18 en 25 Julie 2022.

Vir meer inligting oor die kursus, stuur ’n e-pos na [email protected] of volg ons op Facebook en Instagram.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]