Broei daar al vir jare ʼn storie in jou hart wat jy graag op papier wil vasvang? Dan is Skryfnet se inleidende skryfkursus, Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns, net die oplossing waarna jy soek.

Hierdie praktiese, inleidende aanlyn kursus (wat vanaf 24 Julie 2023 vir die sewende keer aangebied word) is ontwikkel deur die bekroonde Afrikaanse skrywer, prof. Hans du Plessis, en word aangebied deur Charlene Hougaard.

Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns duur agt weke en fokus op die skryf van verhalende prosa, met spesifieke verwysing na die skryf van ʼn kortverhaal. Die beginsels en skeppingselemente wat in die kursus bespreek word, geld egter ook vir die skep van enige verhalende prosawerk – soos ʼn roman, jeugverhaal, kinderverhaal of novelle.

Die kursus bestaan uit agt leergedeeltes (wat weekliks op kursusgangers se eie tyd deurgewerk word) met notas, video’s, praktiese opdragte, aanvullende leermateriaal en regstreekse aanlyn-sessies.

Charlene (die aanbieder) ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels op die platform se kletskamer.

Na afloop van hierdie kursus sal deelnemers toegerus wees met die teoretiese kennis en praktiese vaardighede om ʼn eie verhaal te beplan, skryf en ontleed. Hulle sal ook kan spog met ʼn afgeronde kortverhaal en ʼn sertifikaat van Akademia.

Oor die kursusontwikkelaar en -aanbieder:

Die geliefde en bekroonde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis het in 1978 gedebuteer met sy digbundel Kleinwild. Sedertdien het hy meer as 160 publikasies – waaronder akademiese artikels en boeke, ses digbundels, drie jeugromans en vier romans – die lig laat sien. Sy jongste roman, Die Inkommers, is reeds baie gewild onder sy bewonderaars. Du Plessis het al verskeie pryse en toekennings vir sy werk ontvang, onder meer die ATKV-kinderboekprys en ʼn erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Du Plessis is reeds sedert 1985 betrokke by skryfkurssuse wat die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereeniging (ATKV) in samewerking met die Noordwes-Universiteit aanbied; hy was ook die eerste direkteur toe die ATKV-skryfskool in 1990 gestig is. Hy en sy vrou, Magdaleen, woon op Potchefstroom.

Charlene Hougaard het haar uitgewersloopbaan begin by Via Afrika in 1989, waar sy aanvanklik prosa en poësie in die Afrikatale uitgee. Met die implementering van Kurrikulum 2005 fokus sy op die uitgee van skoolhandboeke. Haar loopbaan by LAPA Uitgewers begin in 2005 in die algemene niefiksie-afdeling. Daarna werk sy in die vrouefokus-afdeling wat later deel word van die fiksie-afdeling. In 2019 besluit sy om ʼn vryskuttaalpraktisyn te word en spits haar toe op die redigering van manuskripte asook manuskripontwikkeling. Sy help ook sedert 2006 met die aanbieding van die ATKV Skryfskool vir liefdesverhale (Lenteskool) en het ook al by die Herfsskool opgetree.

Bespreek nou jou plek!

Belangstellendes kan nou uit een van twee opwindende opsies kies wanneer hulle plek bespreek vir hierdie waardevolle kursus.

  1. Betaal ʼn eenmalige bedrag van R3 200 vir die agt weke kursus. Klik hier om jou plek te bespreek.
  2. Bespreek vir Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns + enige ander kursus van jou keuse (binne twaalf maande vanaf betaling) en kry R800 afslag. Klik hier om van die spesiale aanbod gebruik te maak.

Inskrywings vir hierdie kursus sluit op 20 Julie 2023.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]