Ontwikkel en aangebied deur Christien Neser in Gauteng en deur Carina Diedericks-Hugo in die Kaap.

KONTAK ONS

Oorsig

Kreatiewe skryfkuns vir skoliere is ’n eendagwerkswinkel wat by Maroela Media se kantore in Pretoria, Hoërskool Witteberg in Bethlehem aangebied word deur die bekende jeugboekskrywer Christien Neser of deur Carina Diedericks-Hugo in die Kaap. Sodra deelnemers registreer, sal hulle per e-pos verdere inligting ontvang oor die dag. Die inskrywingsfooi sluit ’n ontbythappie en ligte middagete in. Leerders wat hierdie werkswinkel voltooi, ontvang ’n sertifikaat van Skryfnet. 

Beskrywing

Wil jy graag eendag ’n skrywer word, maar jy het nog nie die selfvertroue om jou werk vir ander te wys nie? Dalk wil jy net jou storie afrond voordat jy dit indien. Of miskien sukkel jy nog om ’n goeie storie-idee te kry of wil jy dalk net beter kreatiewe opstelle vir die skool skryf. Dan is hierdie werkswinkel vir jou!  

Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere is ’n praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18. Dit word aangebied deur die gewilde jeugverhaalskrywer Christien Neser in Gauteng/ Vrystaat en deur Carina Diedericks-Hugo in die Kaap. Die werkswinkel fokus op die skryfproses, vertellerperspektief, skryfgenres, hoe om ’n storie aanmekaar te sit en redigering van jou teks – alles wat jy nodig het om aan jou storie te begin skryf. Dis ’n praktiese werkswinkel wat speletjies, oefeninge en skryfsessies insluit. Hierdie is die ideale werkswinkel vir skoolleerders wat hul kreatiewe skryfspiere wil losmaak – of jy nou ’n opstel, riller of liefdesverhaal wil neerpen.  

Gereelde vrae en antwoorde

Hier is antwoorde vir moontlike vrae wat jy mag hê in verband met die kursusse. Indien jy enige ander vrae het wat nie hieronder beskikbaar is nie, kontak ons gerus by die inligting soos hieronder verskaf.

Glad nie. Al wat jy nodig het, is entoesiasme.

Ja, hierdie werkswinkel is ontwikkel vir skoliere tussen die ouderdomme van 12 en 18. ’n Skryfkursus vir volwassenes word gereeld deur Skryfnet aangebied. Klik op hierdie skakel om te sien watter kursusse ons aanbied.   

 

Nee, maar kom gerus met genoeg vrae vir die aanbieder.

Skryfnet kan vir jou n faktuur opstel sodat jy n elektroniese oorbetaling kan doen. Jy kan n faktuur aanvra by [email protected].

Skryfnet kan vir jou n faktuur opstel sodat jy n elektroniese oorbetaling kan doen. Jy kan n faktuur aanvra by [email protected].

Skryfnet sal n elektroniese sertifikaat stuur na die e-posadres wat jy met die registrasieproses verskaf het. Die sertifikaat word sewe dae na afloop van die werkswinkel gestuur.

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]