Gereelde vrae en antwoorde

Hier is antwoorde vir moontlike vrae wat jy mag hê in verband met die kursusse.
Indien jy enige ander vrae het wat nie hieronder beskikbaar is nie, kontak ons gerus by die inligting soos hieronder verskaf.

Jy gaan stabiele internettoegang benodig asook toegang tot die Teams-aanlyn platform om in te skakel by die regstreekse aanlyn kursus
Tydens die kursus gaan die aanbieder jou uitnooi om ‘n prakiese oefening deur middel van Teams se ‘chat’-funksie te doen.  Jy kan jouself vooraf vergewis van die werking van hierdie funksionaliteit
Indien jy wil vrae stel aan die aanbieder gaan jou rekanaar ‘n ingeboude mikrofoon benodig of jy kan ‘n ekstrene mikrofoon insleutel by jou rekenaar
‘n Drukker word nie benodig nie 

Nee.  Jy moet bloot ‘n belangstelling in die skryf van mediaverklarings of die behoefte om jou mediaverklarings te verbeter. 

Hierdie kursus is saamgestel met ʼn volwasse  en professionele mark in gedagte. ʼn Hoërskoolkind sou die materiaal kon bemeester, maar ons vrywaar ons van verantwoordelikheid, aangesien die kursus nie met ʼn hoërskoolmark in gedagte ontwikkel is nie. Indien ʼn hoërskoolkind dus nie die materiaal kan baasraak nie, kan ons nie verantwoordelikheid daarvoor neem of ʼn terugbetaling gee nie. 

Ja, die kursus is saamgestel om jou instaat te  stel om die vaardighede om mediaverklarings te skryf, te slyp wat jou loopbaan ‘n stewige hupstoot kan gee. 

Die kursus word aanlyn op ‘n Donderdagoggend aangebied.  Jy kan van enige plek af inskakel by die regsteekse sessie. Weens die waarde van interaksie tydens die sessie  sal ‘n opname nie dienend wees nie, daarom beveel ons aan om ten tyde van die sessie in te skakel.   

Skryfnet stel rentevrye-lenings beskikbaar vir duurder kursus.  Daar is nie ʼn rentevrye-lening beskikbaar vir die ‘Skryf ʼn mediaverklaring’-kursus nie.  

Jy moet gemaklik wees om deur die Teams-platform interaktief te wees asook weet hoe werk Teams se ‘chat’-funksie. Dit is aan te bevole dat jy vaardig is met jou rekenaar se mikrofoon en kamera sodat jy vrae kan stel aan die aanbieder indien nodig

Indien jy bestaande mediaverklarings het wat jy self opgestel het kan jy dit voor 7 Mei stuur aan [email protected]. Die aanbieder van die kursus gaan verskeie mediaverklarings as voorbeeld gebruik om aan deelnemers te verduidelik watter tegnieke doeltreffend is en waar aanpassings aanbeveel word. Dit is nie verpligtend om ‘n mediaverklaring voor te berei vir die kursus nie en daar is geen ander voorbereiding wat jy vir die kursus moet doen nie 

Skryfnet kan vir jou ‘n faktuur opstel waarna jy ‘n oorbetaling deur jou bank kan doen.  Jy kan ‘n faktuur aanvra by [email protected] 

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]