Ontwikkel deur prof. Hans du Plessis

Aangebied deur Charlene Hougaard

Kontak ons

Oorsig

Dié agt weke lange kursus is ontwikkel deur die bekroonde Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis en word aangebied deur Elzebet Stubbe of Charlene Hougaard. Die kursus bestaan uit agt leergedeeltes met notas, video’s, praktiese opdragte, aanvullende leermateriaal en regstreekse aanlynsessies.

Sodra die aankoop en registrasie gefinaliseer is, ontvang deelnemers besonderhede om aan te teken op die aanlyn leerplatform. Deelnemers ontvang elke week nuwe leerinhoud op dié platform en kan dan teen hul eie pas die inhoud deurwerk en die week se werkstuk voltooi. Die aanbieder ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels op die platform se kletskamer.

Aan die einde van die kursus sal deelnemers kan spog met ’n afgeronde kortverhaal en ’n sertifikaat van Akademia.

Beskrywing

Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns is ’n inleidende, praktiese kursus in die skryf van verhalende prosa, met spesifieke verwysing na die skryf van ’n kortverhaal. Die beginsels en skeppingselemente wat in die kursus bespreek word, geld egter ook vir die skep van enige verhalende prosawerk – soos ’n roman, jeugverhaal, kinderverhaal of novelle. Na afloop van hierdie kursus sal deelnemers ’n deeglike begrip hê van die aard van verhalende skryfwerk en die skryfbeginsels, skeppingselemente en die skryfproses. In hierdie kursus word deelnemers toegerus met die teoretiese kennis en praktiese vaardighede om ’n eie verhaal te beplan, skryf en ontleed.

Die kursus is soos volg gestruktureer:

Week 1 Regstreekse verwelkoming en oriëntering
Week 2 Inleiding tot verhalende prosa
Week 3 Tekssoorte
Week 4 Die skryfproses
Week 5 Skryfbeginsels
Week 6 Die skeppingselemente
Week 9 Ontleed en toets jou verhaal
Week 8  Regstreekse bespreking en afsluiting

Gereelde vrae en antwoorde

Hier is antwoorde vir moontlike vrae wat jy mag hê in verband met die kursusse. Indien jy enige ander vrae het wat nie hieronder beskikbaar is nie, kontak ons gerus by die inligting soos hieronder verskaf.

  • Stabiele internettoegang. 
  • Zoom-sagteware om in te skakel by die regstreekse aanlyn sessies. 
  • ’n Woordverwerkingsprogram (soos Microsoft Word) om oefeninge te voltooi. 
  • Jy het nie ’n drukker nodig nie.  

 

Nee. Jy moet bloot n belangstelling hê in kreatiewe skryf.

Hierdie kursus is gemik op volwassenes. Hou gerus ons webblad dop om te sien wanneer ons weer ons Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere-kursus aanbied.

Beslis. Die kursus word aanlyn aangebied en jy kan van enige plek af inskakel en die leerinhoud op jou eie tyd bemeester. Die twee regstreekse aanlyn sessies vind na-ure plaas.  

 

Aansoeke vir hierdie lening sal op meriete beoordeel word. Stuur ’n e-pos aan [email protected] vir aansoekvorms.

Skryfnet stel rentevrye-lenings beskikbaar vir duurder kursus.  Daar is nie ʼn rentevrye-lening beskikbaar vir die ‘Skryf ʼn mediaverklaring’-kursus nie.  

Die kursus word op ’n gebruikersvriendelik aanlyn leerplatform aangebied. Jy sal die volgende op jou eie moet kan doen : 

  • Die instruksievideo volg en die aanlyn leerplatform navigeer.  
  • ’n Woordverwerkingsprogram gebruik om oefeninge te voltooi. 
  • Aansluit by die regstreekse aanlyn sessie op Zoom.

 

Skryfnet kan vir jou ’n faktuur stuur, sodat jy ’n elektroniese inbetaling kan doen. Vra ’n faktuur aan by [email protected]

 

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]