Ontwikkel deur Clive Ridgway

Kontak ons

Oorsig

Skryfnet se eerste aanlyn én praktiese liedjieskryfkursus – Skryf ’n liedjie – is vanaf 2 Mei 2023 aangebied. Dié vier weke lange kursus is ontwikkel deur Clive Ridgway en is verwerk en aangebied deur die ervare musikant en liedjieskrywer, Deon Meiring. Die kursus is geskik vir enigiemand wat passievol is oor musiek en graag trefferliedjies wil skep. Dit vind weer plaas in 2024 op 6 Mei.

Sodra die aankoop en registrasie gefinaliseer is, ontvang deelnemers besonderhede om aan te teken op die aanlynleerplatform. Deelnemers ontvang vir vier weke lank elke week nuwe leerinhoud op dié platform en kan dan teen hul eie pas die inhoud deurwerk en die week se werkstuk voltooi. Die aanbieder ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels op die platform se kletskamer.

Die kursus het geëindig met ’n praktiese tweedag-kontaksessie op 9 en 10 Junie in Pretoria. In 2024 sal dié sessie op 7 en 8 Junie plaasvind. Vervoer en verblyf is nie ingesluit in die kostes van die kursus nie.

Aan die einde van die kursus kan deelnemers spog met ’n afgeronde liedjie en ’n sertifikaat van Akademia.

Inskrywings vir 2024 se kursus is nog nie oop nie.

Beskrywing

Skryf ʼn Liedjie is ʼn praktiese kursus vir enigiemand wat graag liedjies wil skryf. Dit is ontwikkel deur kenners in die musiekbedryf en kombineer vier weke se teorie met ʼn praktiese tweedag-kontaksessie.

Gemik op enigiemand wat graag ’n trefferliedjie wil skep.
Formaat: Aanlyn en in persoon
Datum: 6 Mei tot 3 Junie 2024 (aanlyn) en 7 en 8 Junie 2024 (kontaksessie)

Werkslading: Ongeveer 4 ure per week + 2 dae kontaksessie in Pretoria
Prys: R5 300 (sluit nie verblyf en vervoer in nie)

Kennisgewings vir wanneer registrasies open

Registrasie vir Skryf ’n liedjie het nog nie amptelik geopen nie. Voltooi die vorm en ons sal jou laat weet sodra jy kan registreer.

"*" indicates required fields

Naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Gereelde vrae en antwoorde

Hier is antwoorde vir moontlike vrae wat jy mag hê in verband met die kursusse. Indien jy enige ander vrae het wat nie hieronder beskikbaar is nie, kontak ons gerus by die inligting soos hieronder verskaf.

  • Stabiele internettoegang. 
  • Zoom-sagteware om in te skakel by die regstreekse aanlyn sessies. 
  • ’n Woordverwerkingsprogram (soos Microsoft Word) om oefeninge te voltooi. 
  • Jy het nie ’n drukker nodig nie.  

 

Nee. Jy moet bloot n belangstelling hê in kreatiewe skryf.

Hierdie kursus is gemik op volwassenes. Hou gerus ons webblad dop om te sien wanneer ons weer ons Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere-kursus aanbied.

Beslis. Die kursus word aanlyn aangebied en jy kan van enige plek af inskakel en die leerinhoud op jou eie tyd bemeester. Die twee regstreekse aanlyn sessies vind na-ure plaas.  

 

Aansoeke vir hierdie lening sal op meriete beoordeel word. Stuur ’n e-pos aan [email protected] vir aansoekvorms.

Skryfnet stel rentevrye-lenings beskikbaar vir duurder kursus.  Daar is nie ʼn rentevrye-lening beskikbaar vir die ‘Skryf ʼn mediaverklaring’-kursus nie.  

Die kursus word op ’n gebruikersvriendelik aanlyn leerplatform aangebied. Jy sal die volgende op jou eie moet kan doen : 

  • Die instruksievideo volg en die aanlyn leerplatform navigeer.  
  • ’n Woordverwerkingsprogram gebruik om oefeninge te voltooi. 
  • Aansluit by die regstreekse aanlyn sessie op Zoom.

 

Skryfnet kan vir jou ’n faktuur stuur, sodat jy ’n elektroniese inbetaling kan doen. Vra ’n faktuur aan by [email protected]

 

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]