Ontwikkel deur Maroela Media

Aangebied deur Akademia

Kontak ons

Oorsig

Skryfnet se aanlyn joernalistiekkursus, Skryf vir gemeenskapsmedia, begin op 1 April 2024 en eindig 10 Junie 2024. Dié tien weke lange kursus is ontwikkel deur ervare Maroela Media-joernaliste en word aangebied deur Akademia se Landi Slatter. Die kursus is geskik vir enigiemand wat belangstel in gemeenskapsjoernalistiek of wat basiese vaardighede vir ’n moontlike beroep as joernalis wil aanleer.

Sodra die aankoop en registrasie gefinaliseer is, ontvang deelnemers besonderhede om aan te teken op die aanlynleerplatform. Deelnemers ontvang elke week nuwe leerinhoud op dié platform en kan dan teen hul eie pas die inhoud deurwerk en die week se werkstuk voltooi. Die aanbieder(s) ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels op die platform se kletskamer.

Aan die einde van die kursus sal deelnemers kan spog met basiese kennis en vaardighede oor gemeenskapsjoernalistiek en ’n sertifikaat van Akademia.

Die inskrywings sluit op 28 Maart 2024 en die kursus begin op 1 April 2024.

Gemik op enigiemand wat hul joernalistiekvaardighede wil opskerp.
Formaat: Aanlyn
Begindatum: 1 April 2024
Werkslading: Ongeveer 4 ure per week
Prys: R4 000

Beskrywing

Skryf vir gemeenskapsmedia is ’n praktiese kursus wat onervare óf meer ervare joernaliste toerus om vir gemeenskapsmedia te skryf – veral in ’n digitale omgewing.

Die kursus is soos volg gestruktureer:

Week 1 Inleiding en oriëntering
Week 2 Waarom joernalistiek?
Week 3 Wat is nuus? Deel 1
Week 4 Wat is nuus? Deel 2
Week 5 Onderhoudvoering
Week 6 Die skryf van ’n nuusberig
Week 7 Fotografie
Week 8 Etiese joernalistiek
Week 9 Joernalistiek in klankformaat
Week 10 Afsluiting

Kennisgewings vir wanneer registrasies open

Registrasie vir Skryf vir gemeenskapsmedia het nog nie amptelik geopen nie. Voltooi die vorm en ons sal jou laat weet sodra jy kan registreer.

"*" indicates required fields

Naam*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Gereelde vrae en antwoorde

Hier is antwoorde vir moontlike vrae wat jy mag hê in verband met die kursusse. Indien jy enige ander vrae het wat nie hieronder beskikbaar is nie, kontak ons gerus by die inligting soos hieronder verskaf.

  • Stabiele internettoegang. 
  • Zoom-sagteware om in te skakel by die regstreekse aanlyn sessies. 
  • ’n Woordverwerkingsprogram (soos Microsoft Word) om oefeninge te voltooi. 
  • Jy het nie ’n drukker nodig nie.  

 

Nee. Jy moet bloot n belangstelling hê in kreatiewe skryf.

Hierdie kursus is gemik op volwassenes. Hou gerus ons webblad dop om te sien wanneer ons weer ons Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere-kursus aanbied.

Beslis. Die kursus word aanlyn aangebied en jy kan van enige plek af inskakel en die leerinhoud op jou eie tyd bemeester. Die twee regstreekse aanlyn sessies vind na-ure plaas.  

 

Aansoeke vir hierdie lening sal op meriete beoordeel word. Stuur ’n e-pos aan [email protected] vir aansoekvorms.

Skryfnet stel rentevrye-lenings beskikbaar vir duurder kursus.  Daar is nie ʼn rentevrye-lening beskikbaar vir die ‘Skryf ʼn mediaverklaring’-kursus nie.  

Die kursus word op ’n gebruikersvriendelik aanlyn leerplatform aangebied. Jy sal die volgende op jou eie moet kan doen : 

  • Die instruksievideo volg en die aanlyn leerplatform navigeer.  
  • ’n Woordverwerkingsprogram gebruik om oefeninge te voltooi. 
  • Aansluit by die regstreekse aanlyn sessie op Zoom.

 

Skryfnet kan vir jou ’n faktuur stuur, sodat jy ’n elektroniese inbetaling kan doen. Vra ’n faktuur aan by [email protected]

 

KONTAK ONS

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly van al die nuutste kursusse en ander gebeure:

of stuur ’n e-pos na [email protected]